Friday 28 September 2012

Die Spookhuis

Close to the public swimming pool in Ninth Avenue, Mayfair stood a derelict double storey house. The house must have been quite old for it was built in the style of early Johannesburg with sash windows, corrugated iron cladding and cast iron balustrades and ornamentation. The double wrought iron front gates hung askew and the grounds were covered in waist high weeds.
We didn’t know to whom it belonged nor what the story was but the popular belief was that the house was haunted. The Afrikaans word for “ghost” is “spook” and “huis” means “house” so together “spookhuis” means “ghosthouse” or more correctly, “haunted house”

Die Spookhuis

Die Spookhuis staan eensaam en verlate
Onsamehangend met sy omgewing
ʼn onbekende se verwaarloosde bate

ʼn Dubbelverdieping huis is baie opvallend
Veral tussen die plat skakelhuisie hordes
Wat netjies saamdrom in rye sonder end

Eertyds ʼn spoghuis, dit is duidelik van buite
Met sy skyfraam vensters en gietyster tralies
Plus deftige skilderglas voordeur en ruite

In die twintigejare volgens praatjies gebou
Deur ʼn welgestelde huidemakelaar
Vir sy eggenoot, ʼn beeldskone jong vrou

In my verbeelding ontwaak ʼn volkleurtoneel
Van ʼn geluksalige gesinsgroep
Wat heel gelukkig hier woon, werk en speel

Realiteit skep egter veel treurige beelde
Van jarelange verwaarlosing
En die verbrokkeling van weelde

Wat het tot hierdie stand van sake gelei?
Watter ramp, watter tragedie
Het hierdie bekoorlike toneel gekasty?

Het die Groot Depressie gely tot bankrotskap?
Of was hulle verslaaf aan dwelms of drank?
Het een of ander euwel hierde mense betrap?

Of het een van die paartjie ʼn minaar gekry?
En ontblood, is deur die ander vermoor?
Doodgeskiet tydens ʼn geweldadige stryery?

Die bouvallige huis staan baie lank leeg
En elke leidraad wat ek ondersoek
Loop vinnig dood in nog ʼn blindesteeg

Die raaisel van die spookhuis bly dus onverklaar
En sy onnaspeurlike voorkoms
Verklik geen antwoorde, stel eerder meer vrae

1 comment:

Unknown said...

Another good poem. The house belongs to Indian people now. According to Derek Walker it functioned as a type of field hospital during the time of the Anglo Boer war. I knew at 2 girls who lived there at some time and said it wasn't haunted. But one never knows